Username:  
 
Password:  
    
Forgot Password? Username?   |   Register
registeer
Ons Kampus PDF Print E-mail

Die Teologiese Seminarium

van die Baptiste

Baie welkom by die webwerf van die Teologiese Seminarium van die Baptistekerk.

Die Teologiese Seminarium is geleŽ te Van Riebeeckweg 1 (hoek van Pretoriaweg), Allen Grove, Kemptonpark, teen die hoof spoorlyn tussen Johannesburg en Pretoria.† Die feit dat ons kampus ongeveer 10 kilometer van die OR Tambo lughawe af is, het tot gevolg dat ons sentraal geleŽ is.† Ook die Rhodesfield stasie van die Gautrein is nie ver van die Seminarium af nie.

Sodra ín mens deur die groot skuifhek by die ingang van die Seminarium inry, word jy bewus van die stilte om jou. Die groen palissade heining sluit as't ware die gewoel van die stad uit en jy kan rustig raak en ontspan.